Informele skoolvervoer moet aandag ontvang

Informele vervoer van leerders is oral in die streek, ook plaaslik, ‘n uitdaging omdat dit gereguleer moet word. Nou sê die DA in KwaZulu-Natal dis kommerwekkend dat die provinsiale Onderwysdepartement oproepe om die informele vervoer van leerders te reguleer, ignoreer. Dit volg nadat 19 kinders en twee volwassenes in ‘n ongeluk op die N2 in Pongola dood is in die gru-ongeluk met die vragmotor. ‘n DA-woordvoerder, Imran Keeka, sê die departement is die opsigter van KZN se leerdervervoerbeleid en die instelling wat skole se behoeftes moet identifiseer: