Stormers sien uit na La Rochelle-kragmeting

Rugby: Die Stormers verwag hierdie naweek in die tweede ronde van die Kampioenebeker  ʼn groot aanslag van die verdedigende kampioene, La Rochelle. Dit sal die eerste kragmeting tussen die twee spanne wees en beide wil bitter graag weer wen nadat hulle in die eerste ronde verloor het. Die Stormers het ʼn verswakte span na Leicester Tigers gestuur en het byna vriend en vyand verras, terwyl La Rochelle teen Leinster verloor het in ʼn herhaling van die eindstryd van verlede jaar. Voorspeler-afrigter, Rito Hluangwani, sê die Stormers sien uit na hulle eerste wedstryd van die seisoen op die Kaapstad-stadion.