Oppas vir vervalste Ozempic vir gewigsverlies!

Die Suid-Afrikaanse Reguleringsowerheid vir Gesondheidsprodukte waarsku die publiek teen vervalste Ozempic-produkte op die mark, wat ernstige gesondheidsrisiko’s inhou. Advertensies vir ongemagtigde Ozempic, of produkte wat semaglutied bevat, word op radiostasies en sosiale media geadverteer. Novo Nordisk Suid-Afrika bevestig daar is ‘n landwye tekort aan Ozempic, wat die geleentheid skep om vervalste produkte te smous wat glo help met gewigsverlies. SAHPRA raai konsulterende gesondheidswerkers en die publiek aan om slegs by geregistreerde apteke te koop om gesondheidsrisiko’s te vermy.