Cyril wil appelleer teen hofuitspraak oor Zulu-koning

Die Presidensie het bevestig president Cyril Ramaphosa gaan verlof tot appél indien teen die Hooggeregshof in Pretoria se uitspraak, wat die erkenning van die AmaZulu-koning, Misuzulu kaZwelithini, tersyde gestel het. Die hof het Ramaphosa beveel om ‘n ondersoekkomitee in te stel om bewerings van die oortreding van gewoontewette in die identifikasie van die koning te ondersoek. Ramaphosa se woordvoerder, Vincent Magwenya, sê tydens hierdie regsprosesse, bly sy majesteit, koning Misuzulu, die geïdentifiseerde troonopvolger.