Stormers se toer na Europa moet diepte bou, sê Dobson

Die Stormers-afrigter John Dobson sê hy wil die toer van drie wedstryde na Italië en Wallis gebruik om diepte in die groep te bou. Die Verenigde Rugbykampioenskap se verdedigende kampioene het Maandag na Europa vertrek en sal in die volgende drie weke teen Zebre Parma, Ospreys en Cardiff kragte meet. Dobson sê daar is ‘n paar spelers in die groep wat gretig is om hulle staal te wys, so die toer is ‘n goeie geleentheid vir hulle om te wys wat in hulle steek.