Aanvalle op toeriste ten sterkste veroordeel

Mpumalanga se LUR vir Gemeenskapsveiligheid, Sekuriteit en Skakeling, Vusi Shongwe, doen ‘n beroep op gemeenskappe om met die regering en polisie saam te werk om aanvalle op toeriste te keer. Dit volg nadat ‘n groep Duitse toeriste se reis tragies geëindig het toe een van hulle op die Numbi-pad in Witrivier doodgeskiet is. Die departement se woordvoerder, Moeti Mmusi, sê hierdie voorvalle skrik potensiële beleggers en besoekers in die provinsie af: