Stormers kan Edingburgh takel met talle Springbokke

Rugby: Die Stormers laat Edinburgh nog raai watter Springbokke hulle Saterdag in die Verenigde Rugbykampioenskaps-wedstryd in Kaapstad gaan aandurf. Die Bokke het ná die Rugbykampioenskap na hul provinsies teruggekeer, wat beteken die kaptein, Steven Kitshoff, Frans Malherbe, Salmaan Moerat, Hershel Jantjies, Deon Fourie en Joseph Dweba is almal beskikbaar vir die Stormers. Damian Willemse is nog besig om sy harsingskuddings-protokolle te voltooi. Die hulpafrigter, Rito Hlungwani, sê dit is goed om die Bokke terug in die span te hê.