Orkaan Ian tref Kuba

Die orkaan Ian het Kuba as ‘n kategorie drie-storm getref en teister die westelike dele van die Karibiese eilandnasie met windspoed van meer as 200 kilometer per uur. ‘n Orkaan-waarskuwing is vroeër uitgereik vir drie Kubaanse provinsies, terwyl ‘n orkaan-waak geld vir die weskus van Florida. Ontruimingsbevele is reeds vir ‘n aantal streke in die Amerikaanse staat uitgereik waar die storm na verwagting meer as 300 millimeter reën in sommige plekke gaan laat neerstort. Minstens 20 lughawens kan ontwrig word.