Eerste wêreld moet ‘betaal’ vir klimaat

Klimaatgeregtigheid is in die nuus. Armer lande regoor die wêreld, wat minder ontwikkel is, ly die swaarste onder klimaatsverandering – en dit sluit Afrika-lande en Namibië in. Maar ons het nie die lug besoedel nie en ons dra nie by tot die probleem nie. Hoe gemaak om ontwikkelde eerste-wêreld land te kry om bystand te bied in verband met veerkragtigheid teen klimaatsverandering? Die plaaslike ekoloog dr. Peter Cunningham sê die antwoord is nie eenvoudig nie.