Stormers en Bulle is in Kampioenebeker

Die Stormers en die Bulle verteenwoordig Suid-Afrika in hierdie seisoen se Kampioenebeker, saam met 22 Europese spanne. Die kompetisie begin vanaand in Skotland wanneer die Glasgow Warriors teen Northampton Saints van Engeland speel. Die Bulle verwelkom Saracens môreaand op Loftus, met die kaptein van Engeland, Owen Farrell, wat die Engelse span aanvoer. Die Franse span, La Rochelle, is die verdedigende kampioen nadat hulle verlede seisoen die Ierse span, Leinster, in die eindstryd geklop het.