Daar’s ‘n gaping tussen Israel se doel om burgerlikes te beskerm en die werklikheid

Amerika se minister van Buitelandse Sake, Antony Blinken, sê daar is ʼn gaping tussen die Israelse regering se doel om burgerlikes in Gaza te beskerm en wat in die praktyk gebeur. Israel se weermag gaan voort met sy bomaanvalle in Gaza te midde van intense gevegte in die twee maande lange oorlog teen Hamas. Die Hamas-beheerde Gesondheidsministerie sê 17 177 Palestyne is dood en 46 000 beseer sedert die oorlog op 7 Oktober begin het. Blinken sê dit bly noodsaaklik dat Israel burgerlikes beskerm: