Stropers het plaaslik geneig na vleis toe

Stropery het in die afgelope tyd skerp toegeneem in Namibië maar, daar is ‘n skuif vanaf die sogenaamde hoë-waarde diere soos renosters en olifante, na diere wat geslag kan word. Volgens die jongste berigte is meer as 200 karkasse, waarvan 84 gemsbokke was, in 2020 gekonfiskeer, dus, die waarvan owerhede weet. Dit is volgens die 2020 verslag oor die stand van gemeenskapsbewaring in Namibië. Daar is bevind dat die toename in die slag van boksoorte, sowel as vee, kan moontlik aangedryf word deur die heersende ekonomiese toestande, veral in 2020 met die streng inperkings. Die stroop van diere soos renosters en olifante is tot ‘n mate onder beheer gehou deur gereelde patrollies en ander wetstoepassings tegnieke wat nie deur die inperkings geraak is nie.