Kaapstad span Duitse hulp in water

Die Stad Kaapstad het ‘n finansieringsooreenkoms van 84 miljoen Suid-Afrikaanse rand met die KfW-ontwikkelingsbank van Duitsland onderteken. Dit het ten doel om die aanstelling van kundige dienste vir die instel van die stad se waterstrategie te befonds. Die burgemeesterskomiteelid vir Water en Sanitasie, Zahid Badroodien, sê die befondsing sal veilige toegang tot gehalte water- en sanitasiedienste bied, veerkragtigheid van watervoorraad verseker en ‘n gedeelde watertoekoms tot voordeel van alle Kapenaars skep: