Stop die Spele!!

‘n Petisie met 350 000 handtekeninge is vanoggend oorhandig aan die organiseerders van die Tokio Olimpiese Spele. Die brief vra vir die kansellasie van die Spele as gevolg van ‘n vierde vlaag Covid-infeksies wat tans in Japan beleef word. Een van die organiseerders van die Stop Tokyo Olympics, Kenji Utsunomiya, sê hulle moet eers plaasvind wanneer Japan besoekers en toeskouers kan verwelkom. Die skrywe maak melding van mediese bronne wat aangewend sal word om die Spele te beveilig. Die Spele sal op 23 Julie begin.