Repatriasie van Botswana verleng met 2 jaar

Die Namibiese Ministerie van Inligting het die jongste Kabinet beslissings bekend gemaak. Die aansoek deur die Komitee vir die Repatriasie van Namibiese Burgers om die periode van repatriasie met 2 jaar te verleng is goedgekeur. Die komitee sal formeel aansoek doen by owerhede in Botswana om meer inligting te bekom oor hoeveel Namibiërs steeds in die buurland is. Daar was volgens die VN se vlugtelingsprogram ongeveer 2 500 Namibiërs in Botswana en die eerste groep is reeds in 2002 gerepatrieer. Die proses word streng beheer omdat talle van die vlugtelinge bang is dat hulle vervolg sal word in Namibië. Hulle het Botswana binnegegaan na die sogenaamde Caprivi-opstand in Augustus 1999.