Stilfontein se onwettige mynwerkers moet wag, dalk nog klagte by

‘n Hof in Noordwes het die saak teen 21 vermeende onwettige mynwerkers tot 31 Oktober uitgestel vir ‘n formele borgtogaansoek. Die groep is tydens ‘n operasie in Stilfontein in hegtenis geneem. Die Nasionale Vervolgingsgesag sê hy bestudeer tans die dossier se voorlopige aanklagte van sameswering om roof te pleeg en die besit van verbode vuurwapens, en sluit nie die moontlikheid uit dat nog aanklagte bygevoeg kan word nie. Woordvoerder Henry Mamothame sê die beskuldigdes bly in aanhouding tot hulle volgende verskyning: