Ondersoekkommissie sê Rusland moet aanspreeklik vir misdade gehou word

‘n Rits oorlogsmisdade, menseregte-skendings en oortredings van internasionale menseregtewette het in Oekraïne plaasgevind. Dit is volgens die jongste verslag van die Onafhanklike Internasionale Ondersoekkommissie in Oekraïne. Die kommissie het gevalle van summiere teregstellings, onwettige aanhouding, marteling, swak behandeling, verkragting en ander seksuele oortredings opgeteken in dele wat deur Russiese gewapende magte beset word. Daar is ook voorvalle aangemeld waar Russiese magte voor die voet plofstof gebruik het in aanvalle op bewoonde gebiede. Die kommissie eis aanspreeklikheid.