Fishrot-saak verwag vandag Shivute se besluit oor appèl

Die Fishrot-saak kom weer vandag voor regter Kobus Miller in die hoërhof voor. Die saak is op 21 September tot vandag uitgestel omdat ‘n besluit van die hoofregter Peter Shivute verwag word. Ricardo Gustavo en Bernhardt Esau wil appelleer teen Miller se weiering om van die saak te onttrek en toe, sy weiering vir verlof tot appèl in die hooggeregshof. Gustavo se prokureur Trevor Brockerhoff het te kenne gegee dat hy ‘n skrywe in die verband aan Shivute gerig het. Daar word verwag die besluit sal vandag bekend wees. Die groep is sedert November 2019 in aanhouding behalwe Ricardo Gustavo wat borg bekom het. Die toestaan van borg aan hom word deur die aanklaer-generaal in die hooggeregshof geappelleer en daardie saak kom op 14 November voor.