ANC se opsystaan-reël onder die loep

Die ANC se verlengde 55ste nasionale konferensie het die opsystaan-reël in alle provinsies onderskryf. Die party sal, in die belang van regverdigheid, ook na ses maande ‘n hersiening doen van diegene wat reeds teruggestaan het. Volgens die ANC-jeugleier, Fasiha Hassan, hang die toekoms van die party af van die spoedige en eenvormige implementering van die opsystaan-reël. Hassan meen Suid-Afrikaners kan nie die regerende party vertrou as hy voortgaan om mense te ontplooi wat van ernstige misdade aangekla word nie.