Brand vlam weer op by Ceres

Die Kaapse Wynland-distriksmunisipaliteit se brandweerdienste het bevestig dat die brand in die berge bo die R46 tussen Ceres en Wolseley opgevlam het. Twee helikopters en ‘n tweede grondspan is ontplooi. Die brandweerdienste bestry nog ‘n brand in die Olifantsberg-area buite Worcester, sê die woordvoerder, Jo-Anne Otto.