Steve ‘Biko’ Booys se saak begin vandag in Windhoek

Die omstrede voormalige Okahandja-streeksraadslid Steve ‘Biko’ Booys, se saak is van die Okahandja-landdroshof na die Windhoek-streekshof oorgeplaas en begin vandag. Die aanklaer-generaal het besluit om hom te verhoor op een aanklag van verkragting, alternatiewelik bloedskande. Booys bly in aanhouding by die Windhoekse korrektiewe fasiliteit. Hy is in Februarie 2021 op die klag, wat groot opslae gemaak het, in hegtenis geneem. Hy is destyds borg geweier.