13 Chinese burgers formeel aangekla in kompleks spioenasie saak in VSA

Dertien Chinese burgers is in die VSA formeel aangekla in ‘n gekompliseerde beweerde spioenasie komplot. Twee is vas vir omkopery ter waarde van duisende Amerikaanse dollar om inligting oor ‘n ondersoek, blykbaar na die telekommunikasie-reus Hauwei, terwyl vier vas is op klagte dat hulle ‘n vals dinkskrum gestig het en probeer het om Amerikaanse amptenare daarop te kry en boonop is nog sewe Chinese burgers aangekla van pogings om ‘n genaturaliseerde Amerikaanse burger te dwing om na China terug te keer. Amerikaanse amptenare beskryf die saak as deel van ‘n transnasionale poging om voortvlugtendes van die Chinese regering stil te maak. Twee van dié verdagtes is in aanhouding. Die Amerikaanse aanklaer-generaal Merrick Garland sê die regstelsel in die VSA sal nie ondermyn word nie.