Sentrale gebied onttrek 833 000 kubieke meter water in 7 dae uit damme

Volgens NamWater se dambulletin is daar die week ‘n totaal van 833 000 kubieke meter water uit die drie sentrale damme, Von Bach, Swakoppoort en Omatako, onttrek. Die drie damme het tans 46,5 persent van totale kapasiteit teenoor 47 persent verlede jaar dieselfde tyd. In die Suide staan bronne op 84,7 persent. Daar is amper 2,1 miljoen kubieke meter water uit Hardap in sewe dae onttrek en die dam is tans op 56,3 persent. Die Nautedam is 86,3 persent vol en Oanob by Rehoboth, 72 persent. Die ooste se beskikbare bronne lyk power op 17,6 persent en Otjivero het 24,8 persent van kapasiteit.