Steve Biko Akademiese hospitaal span mobiele roboto in

En ‘n mobiele robot is by die Steve Biko Akademiese Hospitaal in Tshwane ontplooi om met pasiënte se behandeling tydens Covid-19 te help deur daaglikse regstreekse gesprekke tussen spanne by waak-eenhede. Die Universiteit van Pretoria se fakulteit gesondheidswetenskappe is deel van die projek. Die robot genaamd Stevie sal ‘n belangrike rol speel in saalrondes wat bygewoon word deur waakeenheid-spanne van regoor die wêreld. Professor Tiaan de Jager van Tukkies word aangehaal dat telemedisyne ‘n belangrike rol speel om langafstandsorg tussen pasiënt en dokter moontlik te maak, veral tydens ‘n pandemie.