Sekere dele van Tafelberg Nasionale Park oop ná brande

SANParke het aangekondig dat hy sekere dele van die Tafelberg Nasionale Park gaan heropen nadat dit sedert die brande in April vir die publiek gesluit was. Dit sluit die steengroewe, Duiwelspiek, die koning se blokhuis, Duiwelspiek se laer hange en die Rhodes-kontoerpad in. SANParke sê die Rhodes-gedenkteken, wildskamp en Deer Park bly toe. Herstelwerk op die berg gaan voort en ‘n kontrakteur is aangestel om sommige bome af te kap.