Meer as 333 000 SA onderwysers ingeënt

Die Suid-Afrikaanse departement van basiese onderwys het leerkragte en personeel versoek om Covid-inentingspersele te besoek en hul Johnson and Johnson inspuitings te kry, aangesien hierdie week die sektor se laaste fase van die inentingsprogram is. Meer as 333 000 onderwysers en ondersteuningspersoneel is ingeënt sedert die veldtog op 23 Junie begin het. Die departement se woordvoerder, Elijah Mhlanga, sê fase 1 se mikpunt was om 300 000 mense binne die eerste tien dae van die program in te ent.