Eskom wil hof toe oor tariefverhogingsaansoek

Eskom het begin met ‘n aansoek in die Hooggeregshof om die Nasionale Energiereguleerder van Suid-Afrika se verwerping van sy tariefverhogingsaansoek te hersien. Die verhoging is vir April volgende jaar geskeduleer. Die hoofbestuurder van regulering, Hasha Tlhotlhalemaje, sê dit is die enigste beskikbare opsie om uiters ernstige en negatiewe gevolge vir Eskom en die Nasionale Tesourie te vermy.