Stemreg moet beskerm word – Biden

President Joe Biden van Amerika het sy kommer uitgespreek oor aanpassings wat verskeie Republikeinse deelstate aan hulle kieswette maak. Kritici meen dat die aanpassings dit moeiliker maak vir mense om aan verkiesings deel te neem. Biden sê die behoud van die reg om te stem moet ten alle koste beskerm word.