Hiert! Bitcoin jou wille ding!

Bitcoin gaan na verwagting teen ‘n hoogste prys van meer as 80 000 Amerikaanse dollar in 2021 verhandel voor dit die jaar op net meer as 71 000 dollar sal afsluit. Dit is volgens die vooruitskattinge van 50 fintech-spesialiste via Finder.com se jongste Bitcoin-prysvooruitskattingsverslag. Die jaareind-syfer is ongeveer 8 persent hoër as wat die paneel in Julie voorspel het, en 37 persent hoër as wat in Desember verlede jaar voorspel is. Die kenners verwag Bitcoin-pryse sal teen die einde van 2025 tot ongeveer 249 000 dollar die hoogte inskiet en ‘n massiewe 5.23 miljoen dollar teen die einde van 2030.