Aspen in SA staak vervaardiging van Covid-entstof, geen bestellings nie

Aspen Pharmacare in Suid-Afrika hou aan die einde van die maand op om Covid-19-entstowwe te vervaardig omdat daar nie meer ‘n aanvraag is nie. Aspen het ná hierdie maand geen bestellings oor vir sy Aspenovax-entstof en van Johnson and Johnson nie. Sonder nuwe bestellings sal Aspen die vervaardiging van 450-miljoen dosisse per jaar by sy perseel in Gqeberha in die Oos-Kaap moet staak. Intussen het Pfizer se eie Suid-Afrikaanse vervaardigingsvenoot, Biovac, onlangs gewaarsku hy sal sy produksie van die bRNS in Suid-Afrika moet afskaal weens ‘n gebrek aan aanvraag.