Ses vroue aankla na baba in dagsorgsentrum in VK sterf  

Ses vroue is nou aangekla ná die dood van ‘n baba by ‘n dagsorgsentrum in Dudley, Engeland. Die Britse polisie bestempel die dood van die eenjarige seuntjie as verdag en het die ses vroue van strafbare manslag aangekla. Nooddienste is op 9 Desember na die Fairytales-sentrum ontbied en het die baba in ‘n bedenklike toestand aangetref. Hy is op die toneel dood. Die uitslag van die lykskouing is nog nie bekendgemaak nie. Die owerheid het die sentrum ná die tragedie gesluit.