Stelsel om water van Swakoppoort na Von Bach te pomp is stukkend

NamWater ervaar op die oomblik uitdagings met die oordrag van water vanaf Swakoppoortdam na Von Bach. Op die oomblik is die dam amper 80 persent vol maar Von Bach, wat Windhoek en Okahandja voorsien, is 46,7 persent vol. Die hoof van NamWater Abraham Nehemia sê op die oomblik kan water net vanaf die Omatakodam na Von Bach oorgepomp word maar, die stukkende stelsel kry aandag.