Stel die jong dokters aan!

Die Suid-Afrikaanse Mediese Vereniging het sy kommer uitgespreek oor die getal pas-gekwalifiseerde dokters wat nog nie geplaas is nie en is ontevrede met die herhalende patroon hiervan. Die jongste syfers toon dat 284 jong dokters steeds nie vir die Julie-inname geplaas is nie. Die vereniging se voorsitter dr. Angelique Coetzee sê die gesondheidsektor kan nie bekostig dat jong dokters wat gereed is om te werk by die huis sit en nie by instellings sonder veel hulpbronne geplaas word nie: