Dubbelspel was baie lekker sê Novak

Die wêreld se nommer-een-speler, Novak Djokovic, sê hy geniet dit om in die dubbelspel saam met die plaaslike gunsteling, Carlos Gomez-Herrera, by die Mallorca-kampioenskap in Spanje te speel. Die twee het met die heersende Buenos Aires-kampioene, Tomislav Brkic en Nikola Cacic afgereken om na die kwarteindronde deur te dring. Dit is Djokovic se eerste dubbelspelkragmeting sedert die ATP-beker aan die begin van die seisoen. Hy sê hy en Gomez-Herrera is ou vriende: