Delta-variant pas verder aan, nog gevaarliker

Nog ‘n nuwe variant van Covid het sy verskyning gemaak. Die sogenaamde Delta-plus-variant is in Indië bevestig en meer as 40 gevalle is reeds in verskeie provinsies van die land geïdentifiseer. Die variant is ‘n mutasie van die hoogs aansteeklike Delta-variant wat ook eers in Indië voorgekom het. Delta, wat 2,5 keer meer aansteeklik is as die oorspronklike Covid-19, is reeds in meer as 80 regoor die wêreld. Voorlopige toetse op Delta-plus toon dat die vorm van die virus nog meer aansteeklik is, ‘n versterkte vermoë om aan longselle te bind het en moontlik die monoklonale teenliggaam-reaksie van die liggaam kan verlaag. Delta-plus is reeds in nege lande, die VSA, Verenigde Koninkryk, Portugal, Switserland, Japan, Pole, Rusland, China en natuurlik Indië bevestig.