Numsa kyk na lone by drie-dag konferensie

Lone sal bo-aan die agenda wees wanneer die metaalwerkersvakbond Numsa sy drie-dae lange bedingingskonferensie hou. Dié konferensie begin vandag in Boksburg in Gauteng. Die vakbond se woordvoerder, Phakamile Hlubi-Majola, sê alle bedingingsamptenare sal vergader om eise uit al die verskillende sektore voor te berei en te konsolideer, as deel van voorbereiding vir loononderhandelings. Sy sê die berekening van looneise hang van verskeie faktore af: