Steenkool-vragmotors staan tou by Richardsbaai-hawe

Honderde steelkool-vragmotors staan tou op die N2 om steenkool vir uitvoer by die hawe in Richardsbaai in KwaZulu-Natal af te laai. Volgens die Transnet-hawe-owerheid word vragmotors teruggehou en dan elke paar uur tot die hawe toegelaat. Die uitvoerende hoof van die Padvragvereniging, Gavin Kelly, sê hulle is bewus van die agterstand maar het nie geen benul wat die oponthoud veroorsaak nie.