Dit gaan goed met Namibiese tafeldruiwe-bedryf

Die Suid-Afrikaanse Tafeldruiwe-bedryf verwag uitvoer-volumes vir die 2022/23-seisoen sal met byna agt persent afneem, maar dié bedryf vaar beter in Namibië met selfs ‘n beter oes as die vorige jaar. Daar word verwag dat algehele oessyfers in die buurland ongeveer 15 persent laer sal wees as wat in die vorige seisoen aangeteken is. Namibiese tafeldruiwe-boere in die Suide het wel uitdagings gehad het weens oorstromings van die Oranjerivier. Die hoofbestuurder van tuinbou en akkerbou in die Namibiese Akkerbouraad, Gilbert Mulonda, deel meer met Kosmos 94.1 Nuus.