Nóg drie in Iran ter dood veroordeel

Die regering in Iran het nog drie mense ter dood veroordeel nadat hulle skuldig bevind is aan die moord op drie lede van sy veiligheidsmagte tydens die onlangse betogings. Die gewelddadige betogings volg na die dood van die 23-jarige, Mahsa Amini. Vier betogers is reeds terreggestel terwyl 14 die doodstraf ontvang het. Owerhede beskryf die betogings as onluste. Die regering sê honderde mense is dood, waaronder lede van sy veiligheidsmagte. Duisende mense is in hegtenis geneem. Volgens Teheran skuil vyandige regerings en opposisie-groepe agter die onrus.