Steenhuisen, Mashaba vergader

Die DA-leier, John Steenhuisen, en ActionSA se leier, Herman Mashaba, sê hulle het ‘n lank-uitstaande bilaterale vergadering in Johannesburg gehou. Hulle het die huidige stand van politiek in Suid-Afrika bespreek ná onlangse gebeure met betrekking tot President Cyril Ramaphosa en verkiesingsweë om die ANC in 2024 as regerende party te verwyder. Lerato Ngobeni van ActionSA sê beide partye het besin oor die afgelope jaar se plaaslike regeringskoalisies, met erkenning aan die behoefte om munisipaliteite in Gauteng wat by koalisies betrokke is bestendig te maak: