Statebond hou Zim-verkiesing fyn dop

Die komende algemene verkiesing in Julie in Zimbabwe behoort ‘n aanduiding te wees van die land se bereidwilligheid om weer by die Statebond aan te sluit, maar tot dusver dui niks in daardie rigting nie. Dit is volgens Sonny Leong, ‘n Britse Arbeidersparty-wetgewer. Leong sê die verkiesing is ‘n geleentheid vir die Zanu-PF regering om sy demokratiese prinsiepe te demonstreer maar dat die tekens nie goed is nie. Daar is konsensus binne die Statebond dat Zimbabwe hertoegelaat moet word. Leong het daarop gewys dat die Statebond self nie heeltemal ‘n goeie reputasie het nie, met sommige van sy lede wat ook basiese menseregte skend. Oor die kwessie van doodstraf, byvoorbeeld, het slegs 37 persent van Statebondlande die wet afgeskaf.