FlySafair is tweede in wêreld vir stiptelikheid

Die Suid-Afrikaanse lugredery, FlySafair, is tweede in die wêreld wanneer dit by stiptelikheid kom. Dit is volgens ʼn jaarlikse bepaling deur die wêreldwye reisdatamaatskappy, OAG, met sy hoofkantoor in die Verenigde Koninkryk. Volgens die maatskappy het ‘n Indonesiese lugdiens net-net beter as FlySafair presteer met ‘n prestasie van stiptelikheid van 95,63 persent. ʼn Woordvoerder van FlySafair, Kirby Gordon, sê dit is die derde keer dat hulle erkenning kry. Hulle het die vorige kere die beste gevaar: