Australië maak T20 span vir Wêreldbeker bekend

Australië het teen die verwagting in die bybreekbouler, Georgia Wareham, in hulle groep van 15 spelers ingesluit vir die T20 Wêreldbeker aanstaande maand in Suid-Afrika. Wareham se laaste T20-wedstryd was in Oktober 2021 en sy is ten koste van die ander bybreekbouler, Amanda Jade-Wellington, in die span ingesluit. Hulle word aangevoer deur Meg Lanning wat haar internasionale terugkeer tot die spel teen Pakistan sal maak nadat sy ʼn ruk lank nie gespeel het nie.