Standard Bank maan teen swendelaars 

Swendelaars is weer besig met hul skelmstreke. Daar word tans ‘n e-pos uitgestuur wat beweer dat ‘n betaling wat in jou Standard Bank-rekening gemaak is, maar beperk is omdat jou bankrekening nie aktief is nie. Dit vra dat jy op ‘n skakel moet klik om jou bankrekening te heraktiveer en die hangende betaling te aanvaar. Namibiërs word gewaarsku om nie hierdie soort skelm e-posse en of oproepe te aanvaar nie. Khadijah Mouton Standard Bank Namibië se bemarkingsbestuurder sê aan Kosmos 94.1 Nuus sulke e-posse moet as rooivlae gesien word.