SA vrou sterf voor haar man in motorfietsongeluk

‘n Suid-Afrikaanse vrou het voor haar man in ‘n motorfietsongeluk op die pad tussen die Internasionale Lughawe Hosea Kutako en Windhoek op die toneel gesterf. ‘n Groep motorfietsryers was onderweg vanaf Suid-Afrika via Botswana na Walvisbaai. Die Namibiese polisie se woordvoerder, adjudant-offisier Silas Shipandeni het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.