EFF vra DA om mosie van wantroue teen Cyril in te dien 

Die leier van die EFF, Julius Malema, het die media ingelig dat sy party ‘n formele versoek aan die DA as die amptelike opposisieparty gaan stuur om môre ‘n mosie van wantroue teen President Cyril Ramaphosa in die parlement in te dien. Malema sê dit is weens prima facie-bewyse wat die Artikel 89-paneel se verslag verskaf het dat Ramaphosa die Grondwet ernstig oortree het. Malema sê die EFF vra dat parlementslede fisies teenwoordig moet wees om vir Ramaphosa se ampsklag-proses te stem.