Standard Bank gee eerste groenlening aan NPI

Standard Bank Namibië het sy eerste sogenaamde groenlening aan Namib Poultry Industries bekend gemaak. Die multimiljoen-dollar-transaksie verskaf befondsing vir die konstruksie van ‘n sonkragaanleg wat bedoel is om die hoenderprosudent se elektrisiteitsvoorsiening aan te vul. NPI is ‘n lid van die NMI-groep, een van die grootste voedselprodusente in Namibië. Dit is die eerste groot hernubare projek wat deur die groep onderneem word en dra by tot hul belegging in plaaslike volhoubaarheid en voedselsekerheid. NPI se sonkragaanleg is een van die eerste kragsentrales wat onder die Gewysigde Enkelkoper-model werk, wat onlangs deur die Elektrisiteitsbeheerraad goedgekeur is en hopelik die begin is van ‘n verskuiwing na meer van hierdie tipe ooreenkomste.