Kommer oor toenemende misdaad

Die Namibiese polisie het sy kommer uitgespreek oor die toenemende gevalle van misdaad wat weer oor die naweek aangemeld is. Hoofinspekteur Elifas Kuwinga, woordvoerder van die mag het weer lede van die publiek gemaan oor groot hoeveelhede kontant maar hy sê lede van die mag is ook aangerand.

Hy vra ook ouers om versigtig te wees met hul kinders wat nie kan swem nie.