Kralewerk-werkswinkel vir jeug

Die Kavango-museum sal ‘n kralewerkswinkel vir plaaslike jeuggroepe aanbied. Daar sal drie gemeenskaps-kenners wees: Een sal werkswinkels aanbied oor hoe om tradisionele Kavango-drag met krale te maak, een sal hulle wys hoe om verskillende juweliersware en ander ornamente te maak en die een sal werkswinkels aanbied oor hoe om mandjies, bokse en boek-omslae met krale te maak en te versier. Die werkswinkels vind plaas vanaf 19 tot 22 September. ‘n Uitstalling van al die items wat geskep is, sal in die museum uitgestal word. Helvi Nghiimbwasha, kurator by die museum gesels met Kosmos 94.1 Nuus.