Stand van besigheid: dinge sal vererger

Reaksie word ontvang op die nuus dat 815 maatskappye tussen Januarie verlede jaar en Februarie vanjaar gederegistreer het. Die aankondiging het saam met die nuus gekom dat net 33 persent van die sektore in die Namibiese ekonomie enige groei sedert 2016 getoon het. Verder is daar ook ongeveer 12 000 werksgeleenthede wat verlore gegaan het. Die sekretaris-generaal van die Namibiese Werkgewersfederasie Daan Strauss sê dit wil voorkom asof dinge sal vererger.